Tom Holland stuur vir die Ndlovu Jeugkoor ‘n spesiale video
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 24
- 1 min read
Die Ndlovu Jeugkoor van Limpopo geniet internasionale aandag nadat akteur Tom Holland hul Spider-Man-huldeblyk as een van sy gunstelinge beskryf het.
Die video, geïnspireer deur die nuut vrygestelde lokprent vir Spider-Man: Brand New Day, het reeds meer as 300 000 kyke aanlyn gelok.
Die huldeblyk sluit aan by die nostalgiese isiXhosa-weergawe van Spider-Man, bekend as Rabobi, wat in die 1980’s op Suid-Afrikaanse televisie gewys is.
Die nuwe Spider-Man-film word plaaslik op 31 Julie 2026 vrygestel.
Holland sê hy waardeer die koor se kreatiwiteit en hul ondersteuning van die film.
LUISTER HIER:
Tom Holland








Comments