Toy Story kry 'n Suid-Afrikaanse stem by
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 25
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Grammy-bekroonde kunstenaar Tyla het ‘n kinderdroom verwesenlik deur haar stemoptrede-debuut in Disney en Pixar se Toy Story 5 te maak.
Sy vertolk die stem van ‘n nuwe karakter, Inflatable Flamingo, in die sub-Sahara Afrika-weergawe van die film. Tyla sê die rol is veral betekenisvol aangesien gehore regoor Afrika ‘n Afrika-stem in die ikoniese rolprentreeks sal hoor.
Die sangeres het ook belangstelling in toekomstige toneelspelgeleenthede uitgespreek, terwyl sy steeds fokus op haar komende album A-Pop, wat op 24 Julie vrygestel sal word.








Comments