top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Transitorooftog misluk op R72

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 6, 2024
1 min read

Minstens ses verdagtes word deur die Valke gesoek in die Oos-Kaap ná ’n mislukte transitorooftog op die R72 tussen Kidd’s Beach en Chalumna. Netwerk24 berig die transitovoertuig was op pad van Port Alfred na Oos-Londen toe die bestuurder by die Keiskammarivierbrug skote hoor klap het. ’n Ford-bakkie sonder nommerplate het die transitovoertuig van voor gekeer, terwyl nog ’n bakkie dit van agter benader het. Die rowers het die insittendes uit die transitovoertuig gedwing voordat hulle die kluis probeer oopskiet het met plofstof. Die rowers se poging om die kluis oop te skiet, het misluk. Daarna het die rowers gevlug.

 
 
 

Comments


bottom of page