Transnet-werkers kan binnekort begin staak

Apr 16, 2025
1 min read
Die vakbond Untu het werkers by Transnet begin oorreed om te oorweeg om te staak vir loonverhogings. Die vakbond eis salarisverhogings van 10 persent en verbeterde behuising en mediese fondssubsidies. Dit eis ook ‘n nie-afleggingsklousule. Transnet bied vanjaar en volgende jaar ‘n verhoging van ses present, en gesprekke oor die loonverhogings het vandeesweek in duie gestort. Untu is die grootste vakbond by Transnet en sy staking kan ‘n negatiewe impak op dienste wat die maatskappy bied, hê.








Comments