top of page

Trevor Noah bied vir oulaas die Grammys aan

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 15
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah, wat die eerste Suid-Afrikaner was om die Grammy-toekennings aan te bied, sal dit vanjaar vir die sesde – en laaste – keer doen.


Good Things Guy berig Noah is hierdie jaar self in die wedloop vir 'n Grammy vir die voorlesing van sy boek, Into the Uncut Grass.


Die nuus kom net enkele weke nadat Noah 'n volle vertoning op YouTube vrygestel het, wat in Tshwane opgeneem is en sy eerste Suid-Afrikaanse vertoning in ongeveer 8 jaar is.


Die Grammys vind op 1 Februarie in die Crypto.com Arena in Los Angeles plaas.


Trevor Noah. FOTO: Good Things Guy
Trevor Noah. FOTO: Good Things Guy

Comments


bottom of page