top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trio vas in Springbok ná beslaglegging op renosterhorings

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 13, 2024
1 min read

Drie verdagtes is in hegtenis geneem in Springbok, Noord-Kaap, nadat hulle met renosterhorings en beskermde plante gevind is. Volgens sersant Timothy Sam het die polisie beskermde plante ter waarde van ongeveer R45 000, en renosterhorings ter waarde van sowat R450 000, gekry. The Citizen berig die verdagtes verskyn in die landdroshof in Springbok. Sam het verduidelik dat die polisie inligting ontvang het oor ’n onbekende voertuig wat renosterhorings op die R355-pad tussen Springbok en Gamoep vervoer het. Die inligting is operasioneel gebruik om ’n padblokkade op te stel en alle voertuie op daardie roete te stop en te deursoek. Dit het gelei tot die inhegtenisneming van ’n vrou en twee mans.

 
 
 

Comments


bottom of page