top of page

Troepe eis onbetaalde toelaes

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 30, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het met die weermagvakbond Sandu vergader oor onbetaalde toelaes vir troepe wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontplooi is. Die SANW het ‘n dringende vergadering belê nadat die vakbond ‘n verklaring uitgereik en ‘n video op sy sosiale mediaplatforms versprei het rakende die uitstaande toelaes. Volgens ‘n berig in die Sunday Times sê soldate wat deel is van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapsmag in die oostelike DRK dat hulle elk R600 000 verskuldig is. Die troepe beweer egter dat hulle slegs R50 000 vir hul 15 maande lange ontplooiing ontvang het.

 
 
 

Comments


bottom of page