top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Troepe se verteenwoordigheid by ‘n optog word ondersoek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 10, 2025
  • 1 min read

Die teenwoordigheid van Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-troepe by ‘n optog teen geslagsgebaseerde geweld in Matatiele in die Oos-Kaap word ondersoek. Die soldate se teenwoordigheid by die Justice for Cwecwe-optog vroeër die week het vrae laat ontstaan, wat openbare verwarring en verontwaardiging veroorsaak het. Volgens die weermag was die soldate as deel van ‘n grensbewaringsoperasie in die gebied. Die weermag se Siphiwe Dlamini sê aan SABC die provinsiale bevelvoerders verantwoordelik vir die troepe en ontplooiings sal ná ‘n interne en eksterne ondersoek ‘n verslag indien.

 
 
 

Comments


bottom of page