Troeteldierkos word weens salmonella-vrese herroep
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 6
- 1 min read
'n Groot hoeveelheid droeë troeteldierkos in Suid-Afrika is herroep weens vrese oor salmonella-kontaminasie. Dit kom nadat droeë troeteldierkos, wat na 'n afvalbestuurfasiliteit gestuur is om vernietig te word, gesteel is en in die informele mark verkoop is.
Business Tech berig die produsent RCL Foods sê hulle het verdere toetse gedoen op moontlik gekontamineerde produkte wat ook vernietig moet word, en bevind dat van hierdie wel in formele handel ook beland het.
Die groep sê ten einde hul verbintenis tot die hoogste veiligheidstandaarde te handhaaf, word sekere besendings van Bobtail, Bonzo, Catmor, Canine Cuisine, Feline Cuisine, Optimizor en Ultra Pet Dog dus herroep.
Tesame met die ondersoek na die diefstal van die afgekeurde produk, is onafhanklike kenners ingespan om te bepaal hoe produkte wat vernietig moes word, in die formele mark beland het.






Comments