Tronkstraf vir man wat stiefdogter verkrag, met MIV besmet
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 30, 2025
- 1 min read
’n Man is lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy sy 16-jarige stiefdogter verkrag en met MIV besmet het. Hy het die tiener-meisie verkrag terwyl haar ma in die hospitaal was. Sy het daarna positief vir MIV getoets nadat sy siek geword het en gedink het sy is swanger. ‘n Saak is by die Sasolburg-polisiestasie aangemeld nadat die tiener ‘n familielied van die mishandeling tydens ‘n besoek vertel het. Die saak is oorgegee en deur die Mangaung-eenheid vir vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe ondersoek.







Comments