Truecaller se ware kleure word ondersoek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 17, 2025
- 1 min read
Die gewilde oproep-identifikasie-toepassing, Truecaller, word tans deur die inligtingsreguleerder ondersoek.
Daar is kommer dat die toepassing die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting oortree deur gebruikers se adresboeke te deel en ’n omstrede stelsel te gebruik om nommers as strooipos te merk.
Kritici meen dit kan misbruik word en selfs besighede se regte benadeel, terwyl Truecaller maatskappye meer as R10 000 per maand vra om hul nommers op die witlys te plaas.
Die uitkoms van die ondersoek sal bepaal of Truecaller aan Suid-Afrika se databeskermingswette voldoen.






Comments