Trump dreig Iran weer met aanvalle
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Amerikaanse president Donald Trump dreig om Iran weer aan te val indien daar nie binnekort ’n ooreenkoms oor die land se kernprogram bereik word nie.
Volgens Moneyweb het Trump gesê militêre optrede kan moontlik reeds later dié week hervat word.
Iran weier glo steeds om die oorblywende dele van sy kernprogram prys te gee.
Die spanning in die Midde-Ooste het reeds wêreldwye olie- en energiepryse beïnvloed, terwyl skeepsverkeer deur die Straat van Hormuz steeds ontwrig word.
Trump sê hy hoop ’n verdere oorlog kan vermy word, maar dat militêre optrede steeds ’n moontlikheid bly.








Comments