Trump dring daarop aan dat hul aanvalle suksesvol was
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 26, 2025
- 1 min read
Die Amerikaanse president Donald Trump dring steeds daarop aan dat aanvalle op Iranse kernkragaanlegte suksesvol was. Newskoop berig dit is ten spyte van intelligensie wat betwis dat die Amerikaanse aanvalle Iran se kernprogram vernietig het. Trump het aanvanklik gelyk of hy toegegee het dat die skade dalk nie so erg is soos hy voorgestel het nie, maar hy beweer egter nou dat die Iranse kernkragaanlegte wel vernietig is. Intussen berig Reuters die Russiese president, Vladimir Poetin, het aan Iran se minister van buitelandse sake gesê dat daar geen regverdiging is vir die Amerikaanse bombardement op sy land nie, en dat Moskou Iran probeer help.







Comments