Trump hef 30%-verhoging op SA invoerprodukte
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 8, 2025
- 1 min read
Ameriaanse president Donald Trump het ‘n 30%-tariefverhoging op alle Suid-Afrikaanse goedere ingestel. Dié verhoging sal begin Augustus in werking tree.
Eyewitness News berig Trump het in ‘n brief aan president Cyril Ramaphosa gesê die verhouding tussen die twee lande is ver van wederkerig, en dat die nuwe tariewe deel uitmaak van ‘n skuif na meer gebalanseerde en regverdige handel. Ramaphosa het die interpretasie van dié handelsbalans betwis.
Intussen berig Netwerk24 Trump het beweer die 30%-verhoging is nie genoeg om die handelstekort tussen die twee lande uit te wis nie.
Trump het egter gedreig dat indien Suid-Afrika – en die ander geaffekteerde lande – die verhoging sou betwis deur tariewe op Amerikaanse uitvoerprodukte na Suid-Afrika te verhoog, hy dit selfs nog meer sal verhoog.






Comments