top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump in oënskynlike sluipmoordpoging by gholfbaan geteiken

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 16, 2024
1 min read

’n Man is na ’n oënskynlike sluipmoordpoging op Donald Trump, volgens die FBI, in hegtenis geneem. Sky News berig dat Trump 'n rondte by Trump Internasionale Gholfbaan in West Palm Beach gespeel het, toe geweerskote gehoor is. 'n Geheime diensagent - wat die baan gepatrolleer het, het 'n geweerloop gesien en 'n AK-47-styl geweer, twee rugsakke en 'n GoPro-kamera is naby waar die verdagte opgemerk is, gevind. In ‘n ‘n verklaring het Trump gesê hy wil voor gerugte buite beheer raak, almal verseker dat hy veilig en ongedeurd is. Die verdagte het glo verlede jaar aan New York Times gesê dat hy die oorlogspoging in die Oekraïne wou bystaan, en dat hy Afghaanse soldate wat uit die land gevlug het, wou werf.

 
 
 

Comments


bottom of page