top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump is tronkstraf en ‘n boete gespaar

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 11, 2025
1 min read

'n Regter het die verkose Amerikaanse president Donald Trump, tot 'n "onvoorwaardelike ontslag" gevonnis, wat die eerste kriminele verhoor van 'n voormalige Amerikaanse president tot 'n einde bring. BBC News berig die vonnis beteken dat die inkomende president enige straf, insluitend tronkstraf of 'n boete, gespaar is. Hy sal steeds die amp as die eerste Amerikaanse president met 'n skuldigbevinding aan misdryf aanvaar. Regter Juan Merchan het kort voor die aankondiging van die vonnis dit ‘n werklik buitegewone saak genoem. Hy voeg by die hof was nog nooit tevore voor so ‘n unieke en merkwaardige stel omtandighede voorgehou nie. Trump het via sy video-oproep vanaf Florida tussen twee prominente Amerikaane vlae verkaar dat hy heeltemal onskuldig is.

 
 
 

Comments


bottom of page