top of page

Trump is vir ‘n Nobelprys vir Vrede genomineer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 8
  • 1 min read

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die Amerikaanse president Donald Trump formeel vir die Nobelprys vir Vrede genomineer. SABC News berig Trump het Netanyahu en sy afvaardiging gisteraand by die Withuis oor aandete onthaal. Dit kom te midde van groeiende hoop op 'n 60 dae lange wapenstilstand in Gaza, wat die vrylating van Israeliese gyselaars sou insluit. Tydens die gesprek het die Israeliese leier 'n afskrif van die brief wat hy aan die Nobelpryskomitee geskryf het aan Trump oorhandig. Luidens die brief het Trump reeds groot geleenthede verwesenlik en smee hy vrede in een land en een streek na die ander.

 
 
 

Comments


bottom of page