Trump kondig ’n driedaagse wapenstilstand tussen Rusland en Oekraïne aan
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 10
- 1 min read
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n driedaagse wapenstilstand tussen Rusland en Oekraïne aangekondig.
Dit kom nadat albei lande mekaar daarvan beskuldig het dat hulle afsonderlike wapenstilstande oortree het wat deur elke kant aangekondig is om die vieringe van die Sowjetunie se oorwinning oor Nazi-Duitsland te dek.
Die Amerikaanse president sê die wapenstilstand sal ’n opskorting van alle kinetiese aktiwiteite en ’n gevangenisruil van duisend gevangenes uit elke land insluit.
BBC News berig dat Wolodimir Zelenski kort daarna Oekraïne se deelname bevestig het, terwyl Russiese staatsmedia ook berig het dat Rusland tot die voorstel ingestem het.








Comments