Trump kondig ‘n invoertarief van 50 % op Kanadese produkte aan
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 21
- 1 min read
Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n invoertarief van 50 % op ‘n wye reeks Kanadese produkte aangekondig. Die nuwe tariewe tree oor 30 dae in werking.
Die Withuis sê die stap volg op wat hy beskryf as Kanada se ongelyke behandeling van Amerikaanse motors, suiwelprodukte en alkohol.
Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy regering sal handelsgesprekke met Washington verskerp.
Belangrike uitvoerprodukte soos energie, kritieke minerale en vis word van die tariewe vrygestel.








Comments