Trump kondig tariewe op Iran se handelsvennote aan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 15
- 1 min read
‘n Tarief van 25% op enige land wat sake met Iran doen is deur die Amerikaanse president, Donald Trump, aangekondig.
Maroela Media berig Trump het in ‘n plasing op sosiale media gesê die nuwe heffings sal handelsvennote wat sake met Amerika en die Islamiteise Republiek doen onmiddellik tref. Hy skryf ook die bevel is finaal – maar spesifiseer nie wie dit sal raak nie.
Volgens die ekonomiese databasis, Trading Economics, is China, Turkye, Irak asook die Verenigde Arabiese Emirate Iran se belangrikste handelsvennote.
Intussen het die Withuis vroeër die week gesê dat Trump steeds onverstrokke is om militêre mag teen Iran te ontplooi, maar dat hy diplomasie as ʼn eerste uitweg volg.







Comments