top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump oorweeg om nog meer SA vlugtelinge in te laat

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 55 minutes ago
  • 1 min read

Amerika se president Donald Trump oorweeg om die aantal Suid-Afrikaanse vlugtelinge na die VSA tot 17 500 te verhoog.


Maroela Media berig Trump het vroeër oorweeg om toegang vir Afrikaners aansienlik uit te brei weens die sogenaamde “onvoorsiene noodsituasie” wat glo in Suid-Afrika afspeel. Daar is toe al gesê die vlugtelingperk kan van 7 500 tot 10 000 duisend vermeerder word. In die tydperk het die meeste Suid-Afrikaners hulle in Texas gevestig, dan in Kalifornië, Florida en Michigan.


Rosestad-nuus se Ilde Roos veruidelik verder Trump se administrasie het in Mei verlede jaar die aanbod van vlugtelingstatus aan Afrikaners gemaak en aangevoer dat hulle slagoffers van rassediskriminasie en selfs volksmoord is, wat die Suid-Afrikaanse regering ten sterkste ontken.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA het tot ʼn nuwe laagtepunt gedaal nadat Trump aan bewind gekom het en die land se ambassadeur uit die VSA geskop is. Roelf Meyer het intussen as nuwe Suid-Afrikaanse ambassadeur in Washington aangekom en verlede week sy geloofsbriewe tydens ʼn formele seremonie by die Withuis aan Trump oorhandig.


FOTO: Capital News
FOTO: Capital News

 
 
 

Comments


bottom of page