Trump se 30%-tarief kan derduisende in sitrusbedryf se werk kos
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 9
- 1 min read
Nagenoeg 35 000 arbeiders in die sitrusbedryf kan weens die 30%-tarief wat die Amerikaanse president, Donald Trump, op Suid-Afrika ingestel het - hul werk verloor. Dit, volgens die sitruswerkersvereniging. Nuusflits berig die vereniging het ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om onmiddellike onderhandelinge met Amerika oor tariefvermindering of uitsonderings op sitrus aan te gaan. Volgens die vereniging sal die 30%-tarief Suid-Afrika se sitrus onkompeterend maak wanneer daar slegs ’n 10%-tarief op Suid-Afrika se sitrusmededingers is.





Comments