top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump se invoerheffings laat VSA-aandelemark $6 biljoen verloor

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 7, 2025
1 min read

Die Amerikaanse aandelemark het bykans $6 biljoen verloor in die twee dae ná president Donald Trump se aankondiging van nuwe invoerheffings. Reuters berig meer as 50 lande het sedertdien 2 April ook nou bekend as Bevrydingsdag, die Withuis genader om handelsgesprekke te begin. Trump se adviseurs het die heffings verdedig en gesê dit gee die VSA ’n sterker onderhandelingsposisie. Hulle ontken dat die heffings bedoel is om die mark te laat tuimel. Reuters voeg by dat kenners waarsku dat die skielike markverlies en die gevaar van ’n wêreldwye handelsoorlog die Amerikaanse ekonomie kan knou. Ekonome voorspel nou ’n daling in groei en ’n styging in werkloosheid.

 
 
 

Comments


bottom of page