top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump se Stormy Daniels-vonnisverhoor moet wag tot na verkiesing

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 7, 2024
1 min read

VSA-oudpresident Donald Trump se vonnisverhoor in die Stormy Daniels-saak, is tot na afloop van die 5 November-verkiesing uitgestel. Reuters berig dat regter Juan Merchan die unieke tydsraamwerk van die saak noem as een van die redes vir die besluit. Aldus Merchan mag dit in geen stadium lyk of die hofverrigtinge deur die aanloop tot die presidensiële verkiesing beïnvloed word nie, en ook nie of die hofbeslissing ten doel het om die verkiesing te beïnvloed nie. Trump, presidentskandidaat vir die Republikeine, kan 'n vonnis van tot vier jaar tronkstraf opgelê word. Diskresie berus egter ook by die hof om korter tronkstraf, of ‘n boete as straf, op te lê.

 
 
 

Comments


bottom of page