top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump sing ‘n ander deuntjie oor kriptogeldeenhede

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 5, 2024
  • 1 min read

Bitcoin bereik vir die eerste keer die $100,000-kerf. Maroela Media berig dat dit volg nadat die Verenigde State van Amerika (VSA) se president, Donald Trump, aangekondig het dat die Bitcoin-eenheid as hul hoof marktoesighouer gebruik sal word. Verder het Trump aangekondig dat hy die VSA as die Bitcoin- en kriptohoofstad van die wêreld wil vestig en ook dat hy die tegnologie-reus, Elon Musk, wil aanstel om staatsvermorsing te reguleer. Terselfdertyd beplan Trump ook om die medevoorsitter van Token Alliance, wat ’n voorstandersorganisasie vir die kripto-industrie is, as hoof van Amerika se Securities and Exchange Commission aan te wys. Dit volg nadat Trump gedurende sy eerste presidentskap kriptogeldeenhede as ’n bedrogspul bestempel het.

 
 
 

Comments


bottom of page