top of page

Trump stuur 'n vloot na die Golf "net ingeval"

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 23
  • 1 min read

Amerika se president Donald Trump sê ’n Amerikaanse oorlogsvloot is op pad na die Golf en dat Washington Iran fyn dophou.


Netwerk24 berig Trump het herhaaldelik die opsie van nuwe militêre aksie teen Iran oopgehou nadat Washington Israel se oorlog teen Iran in Junie gesteun en daarby aangesluit het om die Iran se kern- en ballistiese missielprogramme te verswak. Die vooruitsig van onmiddellike Amerikaanse optrede het die laaste paar dae verminder.


Trump sê Amerika stuur ’n “massiewe vloot” in die rigting van Iran “net ingeval”.


President Donald Trump. FOTO: Facebook
President Donald Trump. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page