top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump sê Amerika sal voedselsentrums in Gasa oprig

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 29, 2025
1 min read

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die VSA sal voedselsentrums in Gasa oprig om ‘n hongersnoodkrisis te verlig.

Trump het vanuit Skotland gepraat, saam met die Britse eerste minister, Keir Starmer.

Al Jazeera berig dat Trump die uitdagings erken het wat met die verspreiding van voedsel aan Gasa gepaard gaan.

Hy het verwys na beeldmateriaal van Palestyne wat in rye staan vir hulp, en hy sê die VSA sal verseker dat daar geen hindernisse is wat mense keer om voedsel te kry nie.

 
 
 

Comments


bottom of page