Trump sê die geweld in Iran het tot 'n einde gekom
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 15
- 1 min read
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy is deur betroubare bronne ingelig dat die dodelike geweld in Iran tot ’n einde gekom het. Hy voeg by daar is ook geen sprake van enige vorm van teregstelling nie.
The Guardian berig Trump het ook – ten minste tydelik – aan enige militêre optrede teen Iran onttrek. Trump het voor die Withuis gepraat en wou nie verder uitbrei nie, maar hy het gesê die VSA moet nog die stellings verifieer.
Trump het die afgelope dae gereeld gepraat oor om die mense van Iran te help.
Intussen berig Newskoop dié aankondiging kom te midde van wêreldwye kommer oor die regering se onderdrukking van betogings. Menseregtegroepe berig dat meer as 2 400 mense reeds dood is.
Iran het sy lugruim tydelik gesluit en die Britse ambassade in Teheran is ook gesluit.




Comments