Trump kondig wapenstilstand in Iran-Israel-oorlog aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 24
- 1 min read
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig dat Israel en Iran ooreengekom het oor 'n "volledige en totale wapenstilstand". Dit volg volgens AP News kort nadat Iran Maandag, as vergelding vir die Amerikaanse bombardement op sy kernterreine, 'n missielaanval op 'n Amerikaanse militêre basis in Katar geloods het. Volgens Iran se minister van buitelandse sake sou hulle hul aanvalle staak indien Israel by ‘n sperdatum hou, maar byna ‘n uur na die voorgestelde tyd het Iran weer missiele na Israel gelanseer. Trump se aankondiging op Truth Social sê die wapenstilstand sou eers Dinsdag omstreeks middernag Oostelike tyd begin. Hy voeg by dit sou 'n "amptelike einde" aan die oorlog bring.





Comments