top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump sê die Iran-oorlog kan binnekort eindig

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die militêre operasies van die VSA in Iran kan moontlik binnekort tot ’n einde kom.


Maroela Media berig Trump het Maandag tydens ’n nuuskonferensie in Florida gesê die konflik kan vinnig beëindig word, maar gewaarsku dat Iran nog harder getref sal word indien vyandelikhede hervat.


Intussen het spanning in die Midde-Ooste wêreldmarkte geraak, met aandele wat gedaal het en oliepryse wat gestyg het.


Iran, onder sy nuwe opperleier Mojtaba Khamenei, het glo ’n nuwe vlaag missiel- en hommeltuigaanvalle op verskeie lande in die streek geloods, insluitend Saoedi-Arabië, Bahrein, Katar, die Verenigde Arabiese Emirate en Israel.


Nog ’n missiel is ook op Turkye afgevuur, maar lugverdedigingstelsels het dit onderskep.


Donald Trump. FOTO: History
Donald Trump. FOTO: History

Comments


bottom of page