top of page

Trump sê Hamas wil nie vrede hê nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 26, 2025
  • 1 min read

Amerikaanse president Donald Trump het Hamas beskuldig daarvan dat hy nie 'n wapenstilstand in Gasa wil hê nie. Dit nadat Israel gesê het hy sal "alternatiewe opsies" ondersoek om gyselaars te red nadat onderhandelinge gestaak is.

Eyewitness News berig nadat onderhandelinge tussen Israel en Amerika gestaak is, het Trump gesê hy dink Hamas wou nie regtig 'n ooreenkoms bereik nie, en dat hulle "wil doodgaan".

'n Senior amptenaar van Hamas beweer Amerika het die realiteit van die samesprekings verdraai en dat hy teruggedraai het op ooreenkomste wat reeds tussen die twee partye bereik is.

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê Israel en Amerika oorweeg nou alternatiewe opsies om die gyselaars te bevry en vrede te verseker.

Intussen het 'n Israeli amptenaar gesê humanitêre hulp sal binnekort weer oor die Gasa-strook hervat. Hulpgroepe is bekommerd oor die stygende hoeveelheid kinders wat aan wanvoeding ly in die oorlog wat al meer as 21 maande duur.

 
 
 

Comments


bottom of page