Trump verbied vir onder meer CNN in die Withuis

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die nuusdienste CNN, MS Now en Politico in die Withuis verbied in wat bestempel word as sy poging om onafhanlike media in te perk.
SABC-nuus berig Trump sê die dienste word verbied omdat hulle volgens hom vals nuus versprei. Ontleders verwag egter dat die stap teenstand sal ontlok omdat dit waarskynlik strydig is met die Amerikaanse grondwet se waarborg van vryheid van spraak en mediavryheid.
Trump het gesê nuusdienste mag nie toegelaat word om voortdurig soos hy dit stel, "fiksie en leuens" te versprei wanneer hulle oor gebeure in die Amerikaanse presidensie, die Trump-administrasie of die VSA berig nie. Hy het gewaarsku dat ander nuusdienste wat sogenaamde vals nuus versprei dieselfde roete kan volg.
Die betrokke nuusdienste het nog nie op die verbod gereageer nie.








Comments