top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Trump vier Amerika se onafhanklikheid buite, ten spyte van 'n hittegolf

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 5
  • 1 min read

Erge hitte het Fourth of July-vieringe in dele van die VSA ontwrig, met onder meer die kansellasie van 'n parade in Washington DC.


Die Great American State Fair in die Amerikaanse hoofstad – wat deel vorm van die land se vieringe van sy 250ste bestaansjaar – is ook tydelik gesluit nadat verskeie mense vir hitteverwante siektes behandel moes word.


Die BBC berig volgens die Amerikaanse Nasionale Weerdiens het meer as 165 miljoen mense Vrydag onder rekordhoë temperature aan die Amerikaanse Ooskus en in die Middeweste gebuk gegaan.


Die hittegolf ontwrig die vakansienaweek terwyl die Amerikaanse president, Donald Trump, 'n viering ter herdenking van Amerika se 250ste bestaansjaar aanbied en verskeie Wêreldbeker-sokkerwedstryde in die buitelug plaasvind.


Trump het volgehou dat hy die viering buite wou hou, en het gesê hy gaan 'n baie lang toespraak maak, net om te wys hy kan enigiets doen.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page