Trump vier Amerika se onafhanklikheid met gemengde gevegskuns
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
Amerika se president Donald Trump het 'n gemengdegevegskunsbyeenkoms op die Withuis se grasperk aangebied. Die geleentheid Sondag, wat ook Trump se verjaardag was, maak deel uit van die Trump-administrasie se vieringe van die nasie se 250ste jaar van onafhanklikheid.
Netwerk24 berig Trump het saam met duisende juigende aanhangers gesit terwyl UFC-vegters mekaar gepak het.
Die tydelike arena, met die bynaam The Claw, was 20 rye diep aan alle kante en het strukture hoër as die Withuis se dak gehad.
'n Onafhanklike ontleder, Dan Rayburn, sê die oorgrote meerderheid van Amerikaners vier nie 250 jaar van onafhanklikheid deur ’n UFC-geveg te kyk nie.








Comments