Trump waarsku Teheran om hulle te gedra
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Amerikaanse magte het nuwe aanvalle op Iran uitgevoer terwyl president Donald Trump Teheran gewaarsku het om hulle te gedra.
Die BBC berig die Amerikaanse weermag sê militêre teikens wat glo gebruik is om skeepsverkeer deur die Straat van Hormuz te bedreig, is aangeval.
'n Vaartuig wat na bewering 'n blokkade van Iranse hawens wou verbreek, is ook onder skoot geneem.
Die aanvalle volg nadat Iran beweer het dat Amerikaanse militêre teikens in die streek aangeval is.
Trump sê Iran wil baie graag 'n skikking bereik, maar dat die VSA sal besluit of hulle gaan onderhandel, of die konflik eenvoudig gaan afhandel.








Comments