Trump wys ’n Malema-video tydens Ramaphosa se Withuis-besoek

President Cyril Ramaphosa sê sy ontmoeting met president Donald Trump in die Withuis was suksesvol, ondanks ’n ongemaklike oomblik toe Trump video’s van Julius Malema gewys het om sogenaamde volksmoord in Suid-Afrika te bewys. Volgens The Citizen sê Ramaphosa die gesprek het, op Woensdag 21 Mei, oor meer as net politiek gegaan – hulle het ook handel, belegging en gholf bespreek. Bekendes soos Johann Rupert, Ernie Els en Retief Goosen was deel van die afvaardiging. Ramaphosa sê die gesprek was robuus maar vrugbaar, en dat verhoudinge tussen Suid-Afrika en die VSA sal voortgaan, veral op handelsvlak. Die Agoa-ooreenkoms is ook bespreek. Hy sê Trump het self voorgestel dat die twee gholfhelde die vergadering bywoon, aangesien hy groot waardering vir hulle het.








Comments