top of page

Trump wys ’n ou witkruisvideo in die Withuis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 23
  • 1 min read

’n Video wat 500 wit kruise langs ’n Suid-Afrikaanse grondpad wys, is tydens ’n vergadering tussen president Cyril Ramaphosa en Amerikaanse president Donald Trump in die Withuis vertoon. Volgens Eyewitness News het Trump beweer die kruise is grafte van vermoorde boere, maar Ramaphosa het die oorsprong van die beeldmateriaal bevraagteken. Eyewitness News berig die video is oorspronklik op 5 September 2020 geneem in Normandien, KwaZulu-Natal, tydens ’n vreedsame protes ná die moord op Glen en Vida Rafferty. Drie mans is later skuldig bevind en gevonnis. Die kruise was simbolies en het nie op individuele slagoffers gedui nie. Die protes was gemik op bewustheid oor plaasaanvalle – nie op die bevordering van ’n politieke perspektief nie.

 
 
 

Comments


bottom of page