top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Tshwane is tans sonder ‘n burgemeester

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27, 2024
1 min read

Cilliers Brink is as die burgemeester van Tshwane in Gauteng verwyder. Die ANC het vroeër vandeesmaand ’n mosie van wantroue teen Brink ingedien waarin verklaar word dat hulle vertroue verloor het in sy vermoë om die metro te lei. Altesaam 120 raadslede het ten gunste van die mosie gestem, terwyl 87 daarteen gestem het. Een raadslik het buite stemming gebly. Volgens Brink het die ANC , EFF en ActionSA hulle eie belange bo die van die inwoners gestel. Hy het vroeër tydens ‘n onderhoud gesê dat die mosie nie deur kommer oor dienslewering gedryf word nie, maar deur nuwe regulasies wat die stad vir kontrakteurs vir afvalverwydering ingestel het. Die regulasies het daartoe gelei dat die stad 60 persent van sy voormalige kontrakteurs laat vaar het.

 
 
 

Comments


bottom of page