top of page

Tuine-week word ook in Bloemfontein gevier

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 5, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi) bied volgende week hul eerste Nasionale Tuine-week aan. Maroela Media berig dat Sanbi van 10 tot 16 Maart die publiek uitnooi om nasionale botaniese- en dieretuine gratis te besoek. Die Bloemfontein Botaniese Tuine het aan Rosestad-nuus bevestig dat hulle volgende week gratis toegang bied vir alle besoekers, terwyl die plaaslike dierebeskermingsvereniging bevestig dat die Bloemfontein Dieretuin steeds gesluit is. Die tema vir die geleentheid is 'Groei jou geluk', wat as 'n herinnering dien dat tyd in die buitelug oomblikke van vrede en konneksie bied.

 
 
 

Comments


bottom of page