Tupperware kom terug na Suid-Afrika onder 'n nuwe naam
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 12
- 1 min read
Die ikoniese Amerikaanse plastiekhouermaatskappy Tupperware keer onder 'n nuwe naam terug na Suid-Afrika. Nadat die Tupperware-handelsmerk hom verlede jaar uit Suid-Afrika onttrek het, is hy nou terug onder die naam TuppAfrica.
Die besturende direkteur van TuppAfrica, Ahmed Bull, sê die herbekendstelling van die ikoniese handelsmerk is 'n herlewing van 'n nalatenskap en 'n nuwe hoofstuk onder 'n ander struktuur.
Business Tech berig vervaardiging sal egter nie in Suid-Afrika plaasvind nie, maar sal van Indië en moontlik Meksiko ingevoer word.
Tupperware se gemeenskap is sentraal tot die verkoopsmodel, wat afhanklik is van verspreiders wat direk in hul gemeenskappe verkoop.
Bull sê histories was naastenby 100 000 individue betrokke by Tupperware in Suidelike Africa.
Hy voeg by TuppAfrica het in drie maande reeds ongeveer R26 miljoen in gemeenskappe in Afrika teruggeploeg.





Comments