Twaalf ton KitKat-sjokoladestafies kry voete
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 29
- 1 min read
’n Groot vrag KitKat-sjokoladestafies is gesteel terwyl dit op pad was na verspreiders.
The Guardian berig die vragmotor het meer as 400 000 stafies deur Europa vanaf Italië na Pole vervoer toe die roof plaasgevind het. Die voertuig en die 12 ton gesteelde sjokolade is nog nie opgespoor nie, en niemand is tydens die rooftog beseer nie.
’n Woordvoerder van Nestlé, KitKat se moedermaatskappy, sê die maatskappy ondersoek die voorval saam met plaaslike owerhede en voorsieningskettingvennote.
Die gesteelde stafies was deel van KitKat se nuwe Formule Een-reeks, aangesien KitKat verlede jaar die amptelike F1-sjokoladestafie geword het. Die stafies is gevorm soos renmotors, maar behou steeds KitKat se ikoniese sjokoladebedekte wafels.








Comments