Twee antiretrovirale verskaffers is onder sakeredding geplaas
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 27
- 1 min read
Talle organisasies en politieke partye het hul kommer uitgespreek nadat twee verskaffers wat gekontrakteer is om antiretrovirale (ARV)-middels aan die regering te verskaf, onder sakeredding geplaas is.
Dit laat vrese ontstaan oor die impak op miljoene pasiënte wat van die middels afhanklik is.
Terwyl die Departement van Gesondheid die Parlement verseker het dat voldoende buffervoorraad vir die volgende drie maande beskikbaar is, bly die Portefeuljekomitee oor Gesondheid bekommerd oor langtermyn volhoubaarheid.
Die komitee sal die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, versoek om oor gebeurlikheidsplanne en verskaffertoesig verantwoording te doen.







Comments