Twee Bloemfontein-skole neem deel aan die ATKV-Applous-finaal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Twee Bloemfontein-skole neem die naweek aan die eindronde van die 49ste ATKV-Applous-koorkompetisie in Kaapstad deel.
C&N Sekondêre Meisieskool Oranje en Eunice Hoërskool is onder die kore wat in die hoërskool prestige meisies-afdeling meeding.
Suid-Afrika se voorste skoolkore kom van Woensdag tot Saterdag in die Kaapstadse Stadsaal byeen.
Beoordelaars het die finaliste vroeër vanjaar regoor Suid-Afrika en Namibië aangewys.
Altesaam 38 kore ding in 11 kategorieë mee. Organiseerders sê die standaard is vanjaar uitsonderlik hoog.
Intussen is die Primêre Meisieskool Oranje se seniorkoor die week op toer, waar hulle saam met die Drakensberg Seunskoor gaan optree.








Comments