top of page

Twee hospitale brand

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 7 days ago
  • 1 min read

Danksy die Mangaung Brandweer en Redding se flinke reaksie is ‘n brand by die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks, voorheen bekend as die Oranje Hospitaal, tot slegs een kamer beperk.


Luidens ‘n plasing op sosiale media is geen beserings aangemeld nie, en die situasie is vinnig onder beheer gebring om verdere skade te voorkom.


Intussen berig Maroela Media nog ‘n brand, wat Dinsdag by ‘n daghospitaal-afdeling van die provinsiale hospitaal in die Paarl uitgebreek het, is in bedwang gebring.


Die brand het glo ontstaan nadat ‘n elektriese motor wat langs die hospitaalgebou gestaan het, aan die brand geraak het.


Slegs een vleuel van die hospitaal is geraak en daar is ook geen beserings of sterftes aangemeld nie.


FOTO: Mangaung Brandweer en Redding
FOTO: Mangaung Brandweer en Redding

Comments


bottom of page