top of page

Twee in Bfn gevonnis weens peuter met waardevolle infrastruktuur

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 12, 2025
  • 1 min read

Verdagtes wat aangekla is van die peuter en diefstal van waardevolle infrastruktuur, is skuldig bevind en deur die Bloemfonteinse landdroshof tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Die twee is verlede jaar in hegtenis geneem terwyl hulle besig was om die stroombreker by die Peter Swartz-substasie in Bloemfontein te steel. Dit het die Manguang-gemeenskap meer as R10 000 gekos om die gesteelde toerusting te herstel en vervang. Centlec het die vonnisoplegging verwelkom en sê in 'n kennisgewing dit beklemtoon die erns van misdade teen kritieke infrastruktuur en dien ook as 'n afskrikmiddel vir ander misdadigers. Centlec-woordvoerder, Lele Mamatu, voeg by peutery, elektrisiteitsdiefstal en vandalisme van waardevolle infrastruktuur bly 'n baie ernstige misdaad in Suid-Afrika.

 
 
 

Comments


bottom of page