top of page

Twee in Bloemfontein, Parys vir verkragting gevonnis

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 27
  • 1 min read

Twee mans is skuldig bevind aan seksuele oortredings en tot tronkstraf gevonnis in afsonderlike sake in Bloemfontein en Parys in die Vrystaat.

Die Bloemfonteinse streekhof het Lebogang Matthews tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting, en vyf jaar vir huisbraak met die doel om te verkrag. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Die Parys-streekhof het die tweede verdagte, Garter Griffen, tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot verkragting nadat hy ‘n vrou by ‘n rivier aangeval het.

‘n Polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, sê hierdie vonnisse is bewys van die polisie se verbintenis om geslagsgebaseerde geweld aktief te bestry.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page