Ironman SA staan by oorledenes se familie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 17, 2025
- 1 min read
Twee deelnemers aan die Isuzu Ironman 70.3-driekamp in Mosselbaai is ongeveer 15 minute uitmekaar tydens die wedloop oorlede.
Volgens polisiewoordvoerder, sersant Chris Spies, het veiligheidspersoneel op twee afsonderlike voorvalle tydens die swemgedeelte gereageer. Twee mans is uit die water gehaal en in afsonderlike ambulanse hospitaal toe geneem.
Een man is by aankoms dood verklaar, en die ander is later in die hospitaal oorlede.
Ironman South Africa het die nuus op hul Facebook-blad bevestig, en gesê hulle sal voortgaan om ondersteuning aan die atlete se families te bied.
Rosestad-nuus het vroeër berig van twee Bloemfonteinse broers wat ook aan dié uitmergelende wedloop sou deelneem.






Comments