Twee is by Bethlehem vasgetrek rakende gesteelde skape
- Saamgestel deur Jana Roos

- 5 hours ago
- 1 min read
Die Vrystaatse polisie het nege gesteelde skape teruggevind en twee verdagtes in hegtenis geneem tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie naby Bethlehem.
Beamptes het inligting opgevolg oor vee wat te koop aangebied word.
Ondersoeke het hulle na twee huise in Vogelfontein gelei, waar hulle skaapkarkasse in die besit van twee mans gevind het. Die polisie het die teruggevonde skape positief geïdentifiseer as dié wat van ’n plaaslike plaas gesteel is en dit aan die eienaar terugbesorg.
Die verdagtes het in die Bethlehem-landdroshof verskyn op aanklagte van veediefstal, met die saak wat tot 5 Augustus vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel is.








Comments