Twee is dood in aparte insidente tydens die kieserregistrasienaweek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 22
- 1 min read
In twee afsonderlike insidente is mense dood geskiet terwyl hulle in diens van hul stede was.
In die eerste insident is 'n gemeenskapsaktivis en plaaslike tussenverkiesingskandidaat in Dunoon in Kaapstad doodgeskiet nadat sy die dag daaraan bestee het om mense te help registreer om te stem.
Die DA se wykskandidaat Sinovuyo Dyokwe, was Saterdag op pad huis toe vanaf ’n kiesersregistrasiepunt toe sy vermoor is.
Die GOOD-party se koukus in die Stad Kaapstad het die moord ook ten sterkste veroordeel en dit beskryf as ’n aanval op die verkiesingsproses self. Die DA het gesê hulle is diep bedroef en kwaad oor Sinovuyo se dood. Die party het berading vir haar familie, vriende en kollegas gereël en belowe om vir geregtigheid te veg.
Intussen is 'n raadslid in sy kantoor in Gqeberha in die Oos-Kaap 'n kort ruk later dieselfde dag doodgeskiet.
Polisiewoordvoerder, kaptein Majola Nkohli, sê twee onbekende gewapende mans het na bewering die kantoor bestorm het terwyl ’n vergadering van sowat 10 mense aan die gang was.
Die uitvoerende burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, Babalwa Lobishe, sê die aanval op Mleve nie net ’n aanval op ’n verkose openbare verteenwoordiger was nie, maar ook ’n aanval op demokrasie, gemeenskapsdeelname en die gesamentlike poging om veiliger gemeenskappe te bou.








Comments