Twee is dood in 'n botsing net buite Bfn
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 minutes ago
- 1 min read
Twee mense is dood en een het oorleef in ’n botsing tussen twee voertuie in Kenneth Kaundaweg, noord van Bloemfontein.
Die ongeluk het tydens swaar reënval Maandag plaasgevind. Die oorsaak van die botsing is onduidelik.
BloemNuusExpress berig volgens VR MED se Pieter du Plessis was die oorledenes twee insittendes van 'n sedan, terwyl die bestuurder van 'n bakkie ligte beserings opgedoen het en deur ER24 na ’n hospitaal vervoer is vir behandeling.








Comments